Dit was die Loskop, Rooi teen Groen én mense wat in mekaar glo in Meimaand!
Dit was Loskop en Derby so kort bymekaar in Meimaand.

Ben Nolan se geloof in die goedheid van die mensdom is weer herstel nadat Godwise Molobela, ‘n toesighouer by Binnelandse Sake, sy R40 000 se ring vir hom gekry het.
Ben is na Binnelandse Sake toe om sy broer, Peet, se afsterwe te registreer. Hy het egter sy trouring verloor en terwyl hy en sy vrou tuis na die ring begin soek het in die kar, het Godwise hom al geskakel om te sê die ring is by hom.
Die Observer het daardie week ook vir Godwise die inwoner van die week gemaak.

Die grootste wedloop vir die jaar in Middelburg, die jaarlikse Loskopmarathon-reeks was in 2025 wereens ‘n wegholsukses. Die Observer was daar om al die aksie op kamera vas te lê.

Dit was weer Rooi teen Groen, oftewel HTS Middelburg teen Hoërskool Middelburg vir die jaarlikse derby, waar Middies met die louere weggestap het. Dit was egter nie net die wen wat almal onthou nie, maar die besondere sportmangees ná die wedstryd.

