News

Het jy die gemis? Meimaand se top stories aanlyn

Meimaand se warm nuus voor winterkoue in Middelburg.

Gedurende Meimaand was die Middelburg Observer lekker besig aanlyn, met stories wat die Middelburg Observer as een van die land se voorste aanlyn nuusbronne gestand doen.

• Aan die begin van Mei het Middelburg Observer aanlyn berig oor Nico Boshoff wat breinskade opgedoen het weens dwelmmisbruik.
Sy storie het landwyd harte geruk en was dit die nommer een storie vir Mei.
In ’n kort Tik Tok video, wat ’n mens byna nie kan volg nie, waarsku hy: “Ek haat die dag wat ek begin heroïen gebruik het. Jy moenie eers begin nie, want jy gaan nie kan ophou nie. Sien wat dit aan my gedoen het. Vir my is dit te laat, maar nie vir julle nie.”
Op 18 het hy heroïen begin rook en later ’n goed betaalde dwelmmuil vir handelaars geword.
Soos vele ander het hy geglo hy kan dit enige tyd los, nou is hy 31, hy moet dink as hy sluk en asemhaal en sy ma moet hom bad en 24 uur ’n dag oppas, want hy mag dalk stik.
Hy hou van sy ‘Vape’, maar kan dit nie sonder hulp optel nie, want sy koördinasie is weens die skade aan sy brein aangetas.
Sy ma moet dit vir hom in sy hande sit. Elke dag doen Nico vier ure rehabilitasie en is sy liggaam rukkend moeg as hulle klaar is – alles met die hoop dat hy dalk eendag weer normaal sal kan wees.

Nico in die dae toe hy nog ‘n gesonde jong man was.

Lees meer hier: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2025/05/08/video-breinskade-weens-heroiengebruik-te-laat-vir-my-maar-nie-vir-julle-nie/

• Die week van 16 Mei het ’n verfoeilike verkragtingsaak ophef gemaak.
Die opskrif het gelui: ‘8-jarige na bewering verkrag tydens interskole musiek-aktiwiteite in Belfast.
Die verdagte in die saak is ’n 15-jarige seun.
Die storie het ook ander verkragtingsake deur die provinsie aan die kaak gestel.
Lees meer hier: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2025/05/14/8-year-old-allegedly-raped-during-inter-schools-music-activities-in-belfast/

• In die laaste twee weke van Meimaand is daar berig van kinders van ’n plaaslike vlieënier wat gestaan en kyk het hoe hul pa en ma voor hul oë in ’n vleigtuigramp by die plaaslike vliegveld dood is.
Quentin en Lezette Steyn is dood nadat hulle vleigtuig se vlerk glo per ongeluk die grond getref het in ’n verbyvlieg vir toeskouers.
Die paartjie was in ’n Rans S-10 Sakota toe die ongeluk gebeur het.
Beide is dood nadat die vliegtuig in vlamme weens die botsing uitgeslaan het.

Crash photo taken by the Middelburg Observer. Photo of Quentin and Lizette Steyn provided by Middelburg Aero Club vice-chairman Johan Cillié.

Lees meer hier: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2025/05/19/children-witnessed-their-parents-fatal-plane-crash-at-middelburg-airfield/

• Gedurende die laaste week is daar ses roofverwante voorvalle op die N4 aangemeld.
In al die gevalle is staalpenne gebruik om die voertuie se bande te beskadig en die voertuie so te dwing om te stop.
Motoriste word dan oorval deur ’n bende rowers wat langs die pad in bosse wegkruip.
Die voorvalle het almal in die donker plaagevind.

One of the spikes previously used by spike-strip gangs. Photo: Middelburg Observer Archive.

Lees meer hier: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2025/05/30/six-spiking-incidents-this-week-causes-travel-panic/ 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button