News

Middelburg se Oom Cassie de Jager oorlede

Middelburg neem afskeid van Oom Cassie de Jager (81), ’n geliefde oud-polisieman, familieman en bekende ‘handyman’ wat op 21 Desember oorlede is.

Dit is met groot hartseer dat Middelburg afskeid van Casparus (Cas) de Jager neem, beter bekend as Oom Cassie, wat op 21 Desember 2025 in die ouderdom van 81 jaar oorlede is.

Oom Cassie sal onthou word as ’n toegewyde oud-polisieman, ’n passievolle visserman en ’n man wie se hande altyd besig was. Of dit nou herstelwerk, bouprojekte of sy pragtige groen tuin was – hy het met ywer, geduld en trots gewerk.

Sy praktiese vernuf en bereidwilligheid om te help, het ’n blywende indruk op familie, vriende en die gemeenskap gelaat.

Cassie de Jager, oom Cassie, middelburg, oorlede
Cassie de Jager, saam met sy vrou, Serah. Foto: Verskaf.

Hy word met ewige liefde oorleef deur sy vrou, Serah, wat tans deur familie met sorg en deernis ondersteun word. Oom Cassie laat ook sy kinders Christo, Adriaan en Ilanè agter, asook sy skoonkinders Santa, Merietjie en Thys. Sy sewe kleinkinders, Elaine, Alden, Mathinè, Christiaan, Zanri, Aminè en Ewan – was sy trots en sy grootste vreugde.

Begrafnisbesonderhede:

Die roudiens sal op Saterdag, 27 Desember 2025 om 10:00 by die Nederduitsch Hervormde Kerk, Noord gemeente plaasvind. Ds. Stenekamp sal die diens lei.

Rus sag, Oom Cassie. Jou handewerk, jou voorbeeld en jou spore lê diep in die harte van Middelburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button