News

Top nuus in Junie: Geregtigheid, rou en hartseer

Junie was ’n maand van hartseer, woede en rou vir Middelburg.

Van ’n familie se dringende soeke na geregtigheid ná die dood van ’n jong man, tot die tragiese verlies van ’n kind onder trokwiele, en ’n dorp wat saam treur oor ’n kleuter wat te gou geneem is – hierdie drie voorbladstories het die gemeenskap diep geraak en bly ’n seer herinnering aan die broosheid van lewe en veiligheid.

Familie eis geregtigheid ná broer se dood na beweerde polisie-aanranding

Die Mahlangu-familie het in Junie ’n gevra vir geregtigheid gedoen nadat Innocent Petrus Mahlangu (25) oorlede is ná wat hulle beskryf as ’n wrede aanranding deur drie afdiens-polisielede en ’n sekuriteitswag. Die voorval het op 31 Mei plaasgevind, waarna Mahlangu met ernstige beserings in die Middelburg-hospitaal opgeneem is en daar gesterf het.

Foto’s van sy beserings en getuienis uit die gemeenskap het skok en woede ontlok. Die familie hou vol dat hul seun onskuldig was en eis antwoorde, terwyl die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat die saak ondersoek.

MIDDELBURG, TOP STORY, NUUS
Familie eis geregtigheid ná broer se dood ná beweerde polisie-aanranding. Foto: Verskaf.


‘Poppie’ onder trokwiele: gemeenskap eis optrede teen trokke

Middelburg is geruk deur die dood van klein Janeke Brink, wat noodlottig beseer is toe sy onder ’n trok in Meyersstraat beland het. Die tragedie het voor haar twee boeties afgespeel en het dit ’n golf van rou en openbare woede ontketen.

Inwoners het geëis dat dringende stappe gedoen word teen swaar trokverkeer deur woonbuurte, met oproepe vir strenger beheer, verkeerswetstoepassing en alternatiewe roetes. Die voorval het weer die gevaar van onbeheerde vragmotors in residensiële gebiede beklemtoon.

 

MIDDELBURG, TOP STORY, NUUS
‘Poppie’ onder trokwiele: gemeenskap eis optrede teen trokke. Foto; Verskaf


‘Janeke dans in die hemel’: dorp neem afskeid van geliefde sewejarige

Die dood van klein Janeke Brink het Middelburg in stilte en rou gedompel. Haar begrafnis is deur honderde bygewoon, met familie, vriende en die gemeenskap wat saamgestaan het om ’n lewe te eer wat te vinnig kortgeknip is.

Die hartroerende afskeid is gekenmerk deur musiek, gebede en ’n boodskap van liefde en herinnering. Die storie het nie net Janeke se tragiese dood uitgelig nie, maar ook die buitengewone manier waarop ’n dorp saamgestaan het om ’n gebroke familie te ondersteun.

MIDDELBURG, TOP STORY, NUUS
‘Janeke dans in die hemel’. Middelburg neem afskeid van die pragtige klein blondekoppie. Foto: Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button