News

Die meanie met Belfast verbintenis en die groot geveg op Upington

All Black voorry se herinneringe leef voort in televisie kommentator se museum.

Wie was Billy Bush? Die rugbyspeler wie se trui vir jare in ’n glaskas by Belfast Rugbyklub gehang het?

’n Trui wat nou in televisie kommentator, John van Rensburg, se museum uitgestal word. Die trui is aan Van Rensburg geskenk, nadat die Belfast Rugbyklub se klubhuis verval het. Rugbyklubs wat eens op ’n tyd dorpe se hartklop was en tot niet gegaan het, is deel van Suid-Afrika se hartseer geskiedenis na 1994.

John van Rensburg en Gawie Janse van Rensburg met die Billy Bush-aandenkings in die televisie kommentator se museum. Foto: Verskaf.

Middelburg was op die drumpel om dieselfde pad te loop, totdat ’n paar geharde rugby administrateurs en oudspelers ingegryp het om die klub te red. Onvervangbare rugbytruie is toe reeds uit die klubhuis gesteel. En Billy Bush? Hy kon net sowel bekend gestaan het as Billy Woes.

Die All Blacks het ’n geskiedenis gehad om meanies te kies.Behalwe natuurlik deesdae se mak klomp, wat kan haka en dis al. Nadat die swaargewig bokskampioen, Kevin Skinner, die Springbok voorrye, Jaap Bekker en Chris Koch, pap geslaan het tydens die 1956 Nieu-Seeland toer, was daar altyd ’n All Black wat die Bokke probeer intimideer en irriteer het.

’n Foto van ’n bebloede Bekker het later ikoniese status bereik. Hy moes 24 uur in ’n hospitaal deurbring en het so erge harsingskudding opgedoen, dat hy na die tyd in die kleedkamer selfs sy eie spanmaats wou bykom. Skinner het tydens die wedstryd tussen loskop en vaskop geskuif, om die Bok voorrye voos te slaan.

En sal ons uit vir Sean Fitzpatrick vergeet?

Die All Black kaptein en haker, met die siniese glimlag, het Suid-Afrikaners vir jare tempteer. Hy het die kuns om spanne se fokus van die spel af te trek vervolmaak en dan daai skewe glimlag gegee. Totdat die Transvaalse en Bok voorry, Johan le Roux, in 1994 ’n happie uit sy blomkoor gevat het. Fitzpatrick het Le Roux met die skouer by ’n losskrum bygekom en hom daarna vasgehou, sodat hy nie by die spel kon uitkom nie. Die Fitzpatrick byt, het Le Roux se rugbyloopbaan beëindig.

Die Billy Bush-aandenkings. Foto: Verskaf.

Toe die All Black toer in 1976 aanbreek, was daar een naam op almal se lippe, voorry Billy Bush. Hy moes, soos Skinner, die Bokke sagmaak in die skrums. Maar daar was veral een wedstryd tydens daardie toer wat tot vandag op almal se lippe is. Bush het later in ’n boek volledig oor die voorval geskryf.

Dit was op die Danie Kuys Stadion in Upington tussen die toerspan en ’n gekombineerde Suidwes-Afrika en Noordwes-Kaap span. Die skeidsregter was Schubel O’Reilly van Noord-Transvaal. Die latere Witbank en Suidoos-Transvaal kaptein en Witbankse sakeman, Hennie Coetzee, het vir die gekombineerde span op voorry gesak.

Johan Nell skryf op sosiale media die All Blacks was gewoond om spanne te domineer deur jou onnodig op die grond te trap. “Ek het tot vandag nog ’n merk waar ek getrap is.” Hy vertel die All Blacks het met minagting teenoor hulle opponente opgetree. “Die hele onderonsie daardie dag was toe hulle ons kaptein, Herklaas Engelbrecht, sonder enige provokasie van agter geslaan het. Dit was die verkeerdste ding om te doen, want ons het nie teruggestaan nie. Die Billy Bush-voorval was maar een van die dinge wat gebeur het, wat hy in sy boek uitlig.”

Bush het in sy boek “Billy Bush: A Front Row View on Life” geskryf: “Before I’d even played a game in South Africa, I was singled out by Rapport, the Afrikaner Sunday paper, as ‘the meanie no Springbok could hope to tame’. They referred to me as a ‘dirty player’ and a ‘hatchet man, kicker, gouger, scratcher and biter’. “I played in the next game, against a North-West Cape Invitation XV in Upington, which was a mixture of some brilliant running rugby from both sides and perhaps the worst thuggery we encountered on the whole tour. “By halftime the score was a deceptive 24–7 in our favor due to the brilliance of Bruce Robertson. It was in the second half that the opposition turned to more and more violent tactics in an attempt to unsettle us.”

“I was prepared to meet fire with fire. But one punch-up, basically an all-in brawl, in the forwards resulted in me accidentally walloping the referee. We were having a ding-dong go when he made the mistake of grabbing me by the shoulder. In the heat of battle I spun round and let him have it fair on the whistle, which was in his mouth.
“The reaction from our captain of the day, Alan Sutherland, was immediate. ‘You’ve gone now, you dopey bastard!’ I was wound up and replied, ‘Oh well, too bloody bad!’ “Amazingly the Northern Transvaal referee, Schubel O’Reilly (commonly known to us as ‘Screwball O’Reilly’), didn’t order me off. Luckily O’Reilly wasn’t badly hurt, and play stopped while our flanker, Kevin Eveleigh, was carted off to have about 20 stitches down the side of his face.

“Reports after the match said the referee had been persuaded by the opposition captain, Herklaas Engelbrecht, not to send me off. Speaking in Afrikaans, he told O’Reilly that I had been provoked. It was nice of him to do so given what the rest of his forwards were up to. Or maybe they just wanted to inflict a bit more punishment on me.
“Anyway, we beat the buggers 34–17, but we knew we had been through the grinder.”

Die Belfast eeufeesaandenkings is ook aan John van Rensburggeskenk. Foto: Verskaf.

Bush het vir Belfast Rugbyklub in Christchurch Nieu-Seeland gespeel en een van sy truie vir Belfast op die Hoëveldse vlaktes gegee. Die klub het bekend gestaan as “die klub met lang bome” weens die bloekombome om die veld. Legendes soos China Vorster, Polla Fourie, Jakkals Vermaak, Faantjie Coetzer, Jan Harris, Gawie Janse van Rensburg, Willem Smit, Johan van Rensburg, Johan en Nico Kriek, George Minnaar en Pine Pienaar het vir Belfast gespeel.

Ongelukkig het die tande van die nuwe Suid-Afrika hard en lelik toegeklap op die klub, wat op 7 Augustus 2004, sy eeufees gevier het.

Daar het niks oorgebly nie. Losskakel Gawie Janse van Rensburg het die Billy Bush-aandenkings gered en dit aan Van Rensburg geskenk.

Nou bly net die herinneringe oor van ’n meanie wat pakgekry het op Upington en wie se nagedagtenis voortleef in ’n museum…

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button