Middelburg gemeenskap: Skyler gevind – máár in ‘n sak
Skyler is veilig en terug by haar eienaar, maar die manier waarop sy gevind is, het vrae laat ontstaan...
Skyler, die Pomeranian-hondjie wat onlangs as vermis in die Rietkuil/Arnot-omgewing naby Middelburg aangemeld is, is veilig gevind en herenig met haar eienaar.
Volgens die eienaar is hy deur ’n persoon gekontak wat aangedui het dat hulle méér as die R1 000-beloning wou hê. Ná ingryping deur lede van die gemeenskap, is die persoon gekonfronteer en het hulle uiteindelik ingestem om die R1 000 te aanvaar.
Die ontmoeting het in ’n straat plaasgevind waar die hondjie in ’n sak aangebring is. Die geld is oorhandig en Skyler is veilig terugbesorg.

Die eienaar het sy opregte dankbaarheid uitgespreek teenoor die gemeenskap vir hul vinnige optrede, ondersteuning en betrokkenheid wat tot Skyler se veilige terugkeer gelei het.
Hierdie voorval beklemtoon weereens die krag van gemeenskapsamewerking in Middelburg – wanneer mense saamstaan, kom daar resultate.
