Middelburg inwoners: Skyler steeds gesoek
Skyler, geliefde Pomeranian, steeds vermis in Rietkuil en Arnot area – R1 000 beloning aangebied.
’n Groot soektog is aan die gang nadat Skyler, ’n driejarige Pomeranian-hondjie, gister in die Rietkuil/Arnot-omgewing naby Middelburg weggeraak het. Skyler se eienaar doen ’n dringende beroep op die gemeenskap om uit te kyk en te help om haar veilig huis toe te bring.
Skyler is grys en wit van kleur en is maklik herkenbaar aan haar klein, donsige voorkoms. Wat die saak nog meer dringend maak, is dat Skyler daaglikse medikasie benodig, wat beteken dat elke uur tel.
’n Beloning van R1 000 word aangebied aan enige persoon wat help om Skyler op te spoor of veilig terug te bring.
Beskrywing van Skyler:
• Ras: Pomeranian
• Ouderdom: 3 jaar
• Kleur: Blou Grys en wit
• Laas gesien: Rietkuil / Arnot-omgewing
• Spesiale nota: Op daaglikse medikasie
Enigiemand met inligting, of wat Skyler raakgesien het, word dringend versoek om Johan, by 065 510 6655 te kontak.
Help ons om Skyler weer veilig in haar eienaar se arms te kry.
