News

Beloning – Pollie, die kokketiel vermis in Middelburg

’n Geliefde kokketiel, Pollie, word al sewe dae vermis in Aerorand, Middelburg. ’n Beloning word aangebied vir enige hulp om hom veilig huis toe te bring.

’n Hartseer eienaar doen ’n dringende beroep op die Middelburg-gemeenskap nadat haar geliefde kokketiel, Pollie, ‘n week gelede uit sy hok gevlieg het.

Pollie het by die Aerorand area in Bamboesbergstraat, vermis geraak en is sedertdien nog nie opgespoor nie.

Wat hiérdie situasie van erns maak, is dat Pollie die enigste voëltjie is wat sy babatjies in die nes gevoer het. Die wyfie weier om kos te gee, wat die eienaar genoop het om die kleintjies self uit die nes te haal en met die hand te voer.

“My hart is so seer. My ‘baby’ is daar buite in die wind en weer,” sê die eienaar emosioneel.

Pollie is nie net ’n troeteldier nie, hy is die “pappa van die hok” en oók die heel eerste kokketiel wat die familie gekry het. Elke voëltjie in die hok het ’n naam en word as deel van die gesin beskou.

’n Beloning word aangebied aan enige persoon wat Pollie kan vang, sien of inligting kan gee wat sal help om hom veilig huis toe te bring.

Die familie vra die publiek om asseblief hul oë oop te hou, veral in tuine, bome en buitehokke in die Aerorand-omgewing. “Hulle is soos kinders vir ons. Ons mis hom vreeslik en sy maatjie mis hom net só baie.”

Enigiemand wat Pollie gesien het of moontlik kan help, word dringend versoek om Wilma te kontak.

Skakel: 082 523 2673

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button