Waarom pak roekeloosheid mense die tyd van die jaar beet?
Paaie is besaai met glasstukke nadat nuwe "tydverdryf" begin is
Christusfees? Waarom gedra mense hulle dan elke jaar in hierdie tyd soos skurke?
Dit is ’n geh… en rumoer van die eerste water.
Skokkend hoe die dorp se parke en paaie lyk. Veral die park naby die Tosca Sentrum in Lilian Ngoyistraat lyk soos ’n varkhok.
Arthur Hill van Dagpatrollie moes die Lions Park twee keer gaan opruim, voordat die liggiefees kon plaasvind. Dit is so al asof ’n roekeloosheid die mensdom hierdie tyd van die jaar beetpak.
Op een van die veiligheidsgroepe word rapporteer dat ’n voertuig voor ’n huis staan. Later word daar op die groep berig “’n ou het in sy voertuig uitgepass“.
Hoe drink jy jou so oorhoops dat jy tydens hierdie Christusfees bewusteloos agter jou stuurwiel is?
Geen wonder daar was vanaf 15 tot 21 Desember 19 motorongelukke in ons omgewing nie, wat vyf lewens geëis het. Daar was twee ernstige beserings, agt minder ernstige beserings en ’n skokkende 93 ligte beserings. ’n Voetganger is doodgery en nog een beseer, terwyl daar ’n uitgebrande voertuig op die Loskopdampad staan. Die omstandighede van die brand is nie bekend nie.
KYK:https://www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7589257970538581249?is_from_webapp=1&sender_device=pc
@middelburgobserver KYK: Waarom pak roekeloosheid mense die tyd van die jaar beet? Christusfees? Waarom gedra mense hulle dan elke jaar in hierdie tyd soos skurke? Dit is ’n geh… en rumoer van die eerste water. Lees meer: middelburgobserver #Mpumalanga #Middelburgyouth #Middelburg #stevetshwetelocalmunicipality
’n Nuwe tydverdryf is om bottels in die teerpad stukkend te gooi. Die dorp se paaie is besaai met glasstukke.
Die glybaan na die Middelburg Observer kantore het die ergste deurgeloop, met bierbottels wat in die pad stukkend gegooi is.
En nou lê nuwejaar die week voor.
Verwag maar weer dat jou buurman sy motorfiets se revolusies gaan opjaag, ’n ligte klapper oorloggie in Mhluzi gaan uitbreek en die dorp se troeteldiere verskrik gaan vlug.
Feestyd?
Nee, dis suiptyd.
