News

“Pote” vermis in Middelburg Sentraal / Eastdene omgewing

‘n Vriendelike hond met die naam, Pote is sedert die naweek vermis in Middelburg se Sentraal / Eastdene area. Enige inligting kan help om hom veilig huis toe te bring.

’n Dringende soektog is aan die gang nadat Pote, ’n geliefde gesinshond, gistermiddag uit sy erf verdwyn het in die Middelburg Sentraal, Eastdene, in die omgewing van die Weermag Basis.

Pote is uiters vriendelik en nie gevaarlik nie, maar hy is baie bang vir harde geluide, wat sy veiligheid ’n ernstige bekommernis maak. Die eienaars vrees dat hy moontlik skuil of rondbeweeg in die omgewing, veral naby besighede, oop erwe of stiller strate.

Pote se eienaars is rasend bekommerd oor hom. Foto: Verskaf.

Inwoners, besighede en motoriste word dringend versoek om uit te kyk vir hom en enige waarnemings aan te meld.

Skakel, Christelle op 076 240 4925 of Dodd op 063 693 0415

Pote se mens-mamma het egter gepleit, “As jy Pote sien, moenie hom jaag of skrikmaak nie. Praat sag, bly kalm en kontak hulle dadelik.”

Middelburg is ’n dorp wat saamstaan. Kom ons help om Pote veilig huis toe te bring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button