N11 Kranspoortpas gesluit ná Swawelsuur-storting
Maak ’n U-draai, Kranspoortpas is toe! Die N11 by Kranspoortpas, buite Middelburg, is gesluit ná ’n vragmotorongeluk waarin swawelsuur gestort het. Nooddienste en Hazmat-spanne is op die toneel, en die pad sal na verwagting vir ure gesluit wees.
Die N11 Kranspoortpas, tussen Middelburg, Loskopdam en Groblersdal, is in albei rigtings gesluit ná ’n gevaarlike swawelsuur-storting.
Volgens Kranspoort Brand- en Reddingsdienste is noodspanne omstreeks 01:40 Woensdagoggend (1 Januarie 2026) na die toneel ontbied. Geen bestuurder is met hul aankoms op die toneel aangetref nie.
Herwinningswerk is reeds aan die gang, terwyl, Spill Tech, ontbied is en na verwagting binne die volgende twee ure sal arriveer. Owerhede skat dat die pad vir minstens vier tot ses ure gesluit wees.

Motoriste word ten sterkste aangeraai om nie om te draai en sogenaamde “agterpaaie” na die Loskop-omgewing te gebruik nie, aangesien dié grondpaaie tans in ’n uiters swak toestand is en verdere risiko’s inhou.
Padgebruikers moet die gebied heeltemal vermy en alternatiewe roetes gebruik.
Verdere opdaterings sal volg namate die situasie ontwikkel.
@middelburgobserver KYK: N11 Kranspoortpas gesluit ná Swawelsuur-storting Maak ’n U-draai, Kranspoortpas is toe! Die N11 by Kranspoortpas, buite Middelburg, is gesluit ná ’n vragmotorongeluk waarin swawelsuur gestort het. Nooddienste en Hazmat-spanne is op die toneel, en die pad sal na verwagting vir ure gesluit wees. Lees meer: #MiddelburgObserver #Middelburg #Mpumalanga #n11 #kranspoortpass #stevetshwetelocalmunicipality
