News

Ruwe weerlig en stormwolke: Middelburg-fotograaf se droom

Ruwe weerlig en dreigende stormwolke het die lug oor Middelburg Suid laat grom, toe ’n jong plaaslike fotograaf daarin slaag om die rou krag van ’n somerstorm op kamera vas te vang.

Wanneer die wolke oor Middelburg Suid begin toe trek en die eerste donderslae rol, weet inwoners: iets besonders is oppad.
Tydens ’n reeks klein reënstorms gedurende die week, het Scharné Delport (21) haar kamera gerig op die dreigende wolke – vasbeslote om weerlig op kamera vas te vang.

Foto: Scharné Delport.

Enigiemand wat al probeer het om weerlig af te neem, sal dit beaam. Dit is ’n spel van geduld, tydsberekening en pure geluk.

Nét as jy dink jy’s reg, slaan die straal êrens anders.
Tipies.
Tog het Scharné daarin geslaag om nie net die dramatiese wolke nie, maar óók skerp weerligstrale tydens die reën vas te lê.

Foto: Scharné Delport.

“Dit was slegs my tweede keer ooit dat ek weerlig behoorlik op kamera kon vang,” vertel sy. “Elke keer voel dit soos ’n klein oorwinning.” Die opgewondenheid is tasbaar — amper soos om iets skaars raak te loop. Sonder applous, maar met baie trots.

Die foto’s wys die kontraste van ’n somerstorm: swaar, donker wolke wat laag hang; lig wat skielik die lug oopkerf; en ’n woonbuurt wat vir ’n oomblik stil raak terwyl die natuur oorneem. Dit is tonele wat Middelburgers goed ken – maar selde só vasgevang sien.

Foto: Scharné Delport.

Scharné se droom? Om eendag daardie een groot, indrukwekkende weerligstraal af te neem – die soort foto wat jou laat vergeet van nat skoene, koue hande en lang wagtye. Tot dan bly sy geduldig: kamera in die hand, oë op die lug, en hoop dat die weerlig volgende keer besluit om mooi vir die kamera te glimlag.

Foto: Scharné Delport.

Dis ’n herinnering dat selfs al hou die weer nie daarvan om saam te werk nie, die oomblik wanneer dit wel gebeur, absoluut die wag werd is.

KYK: https://www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7591467675671334161?is_from_webapp=1&sender_device=pc

@middelburgobserver

KYK: Ruwe weerlig en stormwolke – Middelburg-fotograaf se droom Ruwe weerlig en dreigende stormwolke het die lug oor Middelburg Suid laat grom, toe ’n jong plaaslike fotograaf daarin slaag om die rou krag van ’n somerstorm op kamera vas te vang. Lees meer: #MiddelburgObserver #Middelburg #Mpumalanga

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button