News

KYK: Titon trap trio vir kabeldiefstal

’n Mangat is oopgemaak en die kabel is uit die gat verwyder.

Drie vermeende kabeldiewe is vroeg Dinsdagmore deur Titon Sekurteit vasgetrek nadat ’n besigheid die diefstal op hul kringtelevisiekameras opgeneem het.

Terwyl die trio besig was om die kabel te steel, het die besigheid se sekuriteitspan, Vanta Sekuriteit, die gebeure sit en dophou in hul beheerkamer.

@middelburgobserver

Titon Security recovered metres of stolen electrical cable early Tuesday morning, after three cable thieves were seen stealing the cable on CCTV cameras. Titon pulled over this silver Renault Kwid in which the cable, and the alleged thieves were found following the vandalism of municipal infrastructure. Video: Supplied

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Die besigheidsperseel behoort aan ’n konsortium maatskappye, met Titon wat die alarmsisteem vir die betrokke besigheidperseel waar die kabel gesteel is, hanteer.

Hoewel die kabeldiefstal nie op die besigheid se perseel gebeur het nie, het Vanta die ekstra myl gestap om die vandalisme van munisipale infrastruktuur aan te meld, met Titon wat onmiddelik gearegeer het.

Mans steel kabels op krintelevisie.
Die diefstal in aanvang.

Die voertuig is deur Titon reaksiespanne in Mandelarylaan ingeboks, waarna die mans in aanhouding geneem is, en later deur die polisie gearresteer is.

’n Silwer Renault Kwid sonder registrasieplate is in die diefstal gebruik.

Die kabel is in die voertuig gevind nadat die mans in die kar terug geneem is na die toneel, en die Vanta beheerkamer bevestig het dat dit dieselfde voertuig was wat vroeër op die toneel tydens die diefstal gesien is.

’n Gesteelde kragkabel is terug gevind.
Die kabel wat herwin is.

Op die beeldmateriaal is gesien hoe die boewe die ysterdeksel van ’n mangat aftel voordat die kabel geteiken word.

Meters kabel is teruggevind.

Die besigheid is in Septemberstraat in die industriële area geleë, toevallig agter Titon se kantore.

Die Renault wat deur die polisie gekonfiskeer is.
Die voertui wat gebruik is.

Weens Titon se blitsvinnige reaksietyd, kon die Kwid vinnig vasgetrek word.

Die voertuig is ook deur die polisie gekonfiskeer en by die SAP13 kamp ingeboek.

• Die mans moet nog in die hof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button