News

KYK: Man en motorfiets deur vloedwater meegesleur in Koppiestraat

Man en motorfiets deur Merriespruit meegesleur tydens vloed.

Dit was hittete of Johan Ras was bokveld toe Donderdag nadat hy en sy motofiets deur die Merriespruit meegesleur is deur vloedwater.

Die spruit het egter harder as die motorfiets gebrul en videomateriaal wat verskaf is, wys hoe Ras die malende spruit by Koppiestraat se laagwaterbruggie op sy motorfiets nader.

Die video sny egter uit net voordat Ras besluit om oor die brug te ry.

Ooggetuies sê dat Ras nie eens die middel van die bruggie kon bereik voordat hy meegesleur is nie.

Koppiestraat se Louise Lee is een van die ooggetuies wat staan en kyk het hoe Ras en sy motorfiets onder die maalkolk in verdwyn.

Lee moes self wag vir die vloedwaters om te sak voordat sy huis toe kon ry.

@middelburgobserver

A Middelburg man, Johan Ras, came face to face with death on Thursday after driving over the Merry Stream low-water bridge in Koppie Street on his motorcycle. In the video which was supplied by eyewitnesses, viewers can see Ras nearing the bridge in the background on his motorcycle. The video stopped before Ras reached the bridge and tried to cross it. Both Ras and his motorcycle was swept away by the flood water following heavy rains yesterday afternoon. Ras emerged unscathed from the stream, unlike his motorcycle.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Sy is die bestuurder van Koppiestraat se behuisingsprojek, waarvoor die perseel goedhartiglik deur haar man Johan, vir die behuisingsprojek geskenk is.

Toe Ras meegesleur is, het ’n paniekerige Lee dadelik vir hulp op plaaslike GPF WhatsAppgroepe geroep.

Stroomaf kon Ras homself egter uit die spruit help, maar hy kon ongelukkig nie sy greep op die motorfiets hou nie.

Ras woon al bykans vyf maande by Koppiestraat saam sy vrou en twee kinders.

In die paar maande, sê hy, is hy al seker 10 maal heen en weer oor die brug terwyl hy in vloed was.

“Dié keer was die vloed se vloei baie vinniger en ek het die spoed onderskat,” erken Ras.

Hy is sowat 200 meter meegesleur voordat die rivier breër en dieper geraak het, wat hom in staat gestel het om kant toe te begin swem.

Ras sê hy kon bloot uit die water na veiligheid loop.

Sy motorfiets het hy vanoggend kort voor 07:00 sowat 300 meter stroomaf gevind.

Naas sy selfoon en ’n stel klere wat agter op die motorfiets in ’n aflewerings-tipe boks wat hyself gebou het was, is die motorfiets se spieëltjies morsaf.

Hy het sy kosblik langs hom sien dryf maar nie die krag gehad om dit uit die vloedwaters te red nie, “maar gelukkig was hy leeg,” skerts Ras.

Ras werk toevallig as motorfietswerktuigkundige by Pro Performance.

Hy sê sy motorfiets is nou ’n duikboot en hy sal maar moet kyk of hy die ysterperd weer aan die gang kan kry.

Ras is nie tydens die voorval beseer nie, te dankie aan sy valhelm.

Naas spierstyfgheid weens die baklei teen die water, was hy vroeg uit die vere om die motorfiets te gaan soek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button