Gisteraand, 30 Januarie was daar ’n Honda Super Blackbird CBR1100XX, uit Korhaanstraat in Kanonkop gesteel.

Die diefstal is die nuutste voorval in ’n reeks inbrake wat die afgelope paar maande in Middelburg aangemeld is. Die eienaar doen ’n beroep op die publiek om asseblief hul oë oop te hou en enige inligting onmiddellik aan die polisie deur te gee.

Beskrywing van die gesteelde motorfiets:
• Maak: Honda
• Model: Super Blackbird CBR1100XX
• Jaar: 2000
• Kleur: Swart
• Tipe: Sportmotorfiets
Enigiemand wat die motorfiets sien of verdagte aktiwiteite opmerk, word versoek om nié self op te tree nie, maar die SAPD te kontak.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
