News
Trokdrywer spring lewend uit brandende trok
Verkeer het vanmiddag vir omtrent ’n uur stilgestaan nadat ’n trok aan die brand geslaan het op die Vandyksdrifpad en die toneel opgeruim moes word.
’n Trokdrywer kan homself gelukkig ag dat hy geen ernstige beserings opgedoen het nie, nadat sy trok aan die brand geslaan het.

Die trok het tot stilstand gekom by die weegbrug op die Vandyksdrifpad (net na die brug oor die N4), waarna dit aan die brand geslaan het. Die drywer het gelukkig die rook en vlamme gesien en kon betyds uitspring. Die oorsaak van die brand word nog ondersoek.
Die brandweer was blitsig op die toneel en het die vlamme geblus, waarna Mid Towing die trok verwyder en die pad oopgestel is vir verkeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
