KYK: Twee trokke staan in Kranspoort
Motoriste moet versigtig wees as hulle in Kranspoort op en afry, aangesien twee trokke in die poort staan.
Twee trokke het onklaar geraak in Kranspoort (N11) en moet motoriste stadiger ry as hulle die onderste sandput nader.
Daar is op noodgroepe gesê dat daar twee stilstaande trokke is net na die laaste sandput in die poort en dat hulle self probeer om die verkeer te beheer.
Luidens een van die stemboodskappe is dit “redelik chaos in die poort, so wees versigtig.”
Na aanleiding van ‘n video wat kort voor 18:00 op groepe gedeel is, blyk dit dat daar ook twee trokke gestop het in die aankomende verkeer om hulp te verleen. Op daardie stadium was daar dus twee trokke in die afbaan (Groblersdal se rigting) en twee in die opbaan (Middelburg se rigting).
Daar is ook op die Traffic Alert-groep laat weet dat daar naby die Bankplaas afdraai ook ‘n trok half in die pad stilstaan.
@middelburgobserver Traffic Alert: Kranspoort pass: Two trucks are standing still just after the last arrester bed in the pass. Please slow down when approaching the area and drive cautiously. TrafficAlert, KranspoortPass, MiddelburgTraffic, N11, RoadSafety, SlowDown, TruckAlert, TravelUpdate, DriveSafe, SouthAfricaTraffic, MpumalangaRoads
