News

Pleegkatjie van Feral Care Friends in Groenkol vermis

‘n Jong katjie wat met liefde, gesond versorg en onlangs aangeneem is, het in gister, 16 Februarie in Groenkol vermis geraak.

Destiny, ’n asgrys katjie en voormalige pleegkat van Feral Care Friends, is gister in Viljoenstraat, Groenkol, naby HTS Middelburg gesien.

Volgens pleegmamma, Charmain, is Destiny ’n bang en sku katjie wat waarskynlik sal wegkruip of weghardloop as iemand haar probeer nader. “Sy is met soveel sorg grootgemaak. Sy het ’n baie spesiale plek in my hart. Ons moet haar kry voordat sy te ver dwaal en nie weer haar huis kan vind nie,” het sy gesê.

Destiny is ‘n pleegkatjie van Feral Care Friends Middelburg. Foto: Verskaf.

Destiny is onlangs in haar nuwe tuiste verwelkom voordat sy weggeraak het.

Die grootste bekommernis is dat sy, weens haar skugter geaardheid, moontlik in ’n tuin, onder ’n voertuig of in ’n stoorplek kan wegkruip. In ’n poging om haar veilig terug te bring, sal daar selfs ’n vanghok in die omgewing gestel word, as die katjie gesien word.

Inwoners van Viljoenstraat en omliggende dele van Groenkol word dringend versoek om hul erwe, motorhuise en onder voertuie deeglik na te gaan.

As enige iemand vir Destiny sien, kontak Charmain by 065 582 2860.

Feral Care Friends beywer hulself vir die versorging, sterilisasie en versorging van wilde katte in Middelburg en is afhanklik van gemeenskapsamewerking in noodgevalle soos dié.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button