News
Ongelukstoneel op R25 opgeruim
Die R25 buite Groblersdal waar daar vroeër vanmiddag 'n ongeluk was waar 'n motorfietsryer gesterf het, is opgeruim.
Die R25, Groblersdal/Bronkhorstspruitpad wat vir ‘n ruk gesluit was vir die forensiese span om hul ondersoek te doen, is weer oop.
Die ongeluk het sowat 5km buite Groblersdal plaasgevind en ‘n motorfietsryer is op die toneel dood verklaar.
Daar is op die Traffic Alert WhatsApp groep laat weet die pad weer oopgestel is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
