Dief slaan tweede maal by Lume Dei Skool toe
Skool vir kinders met gestremdhede tweede keer besteel.
Daar is weer by die Lume Dei Skool in SADCstraat ingebreek, nadat die skool net ’n maand gelede ook besteel is.
Leilanie Rossouw van Lume Dei sê laas keer is daar by die skool se sensoriese-kamer ingebreek en alles wat by ’n muurprop kon indruk is gesteel.
Pojektors wat die sterrestelsel en seediere projekteer is gesteel.
Hierdie keer is daar toegeslaan op die finansies kantoor waar ’n Acer skootrekenaar, tablette, ’n grys mat en elektriese kabels weg gedra.
Die deur en venster by die kantoor is oopgebreek.
Elke keer is daar by ’n klein gaping tussen die buurhuis, waar lemmetjiesdraad nie gespan is nie, deur geklim na die skool se erf.
Rossouw sê dit kon gedurende die naweek, of vroeg vanoggend gebeur het.
Indien enige iemand weet waar die toerusting is, word hulle gevra om Lanelle du Preez by 082 929 5883 te skakel.
Die skool is die enigste inklusiewe skool in Mpumalanga en huisves kinders met fisiese- en leergestremdhede.
