News

KYK: As paddas ’n padteken kan kry wat van die hoenders?

Daar is nie net hoenders by Kentucky nie maar oral op Middelburg.

’n Padteken vir paddas!Maar daar is ook padteken vir uile, tarentale en hase.

Op ’n tyd was daar selfs ’n padteken vir ganse.

Middelburg's frog crossing.
Middelburg Primary het ’n padteken in Mandela Rylaan opgerig om motoriste te waarsku oor bruladdas wat die pad kruis. FOTO: Middelburg Observer.

Verkeersman Fred van Rensburg, Middelburg se burgemeester en inwoners was daar toe die gansteken opgerig is in Helen Josephstraat.

Maar toe vreet ’n polisieman se hond die ganse op, geen gans, geen ganspadteken.

Why did the chicken cross the road?
Die hennetjie en haar vyf kuikens het verkeer in Wesstraat ontwrig. FOTO: Tobie van den Bergh.

Nou wonder die dorp se inwoners of daar nie ’n padteken vir hoenders moet wees nie?

Verkeer is Saterdagoggend weer in Wesstraat ontwrig, toe ’n hen en haar vyf kuikens op hulle oggendstappie gegaan het.

Een van Middelburg se waarskuwingsborde.
Die padteken naby die Sterkfontein Gastehuis wat motoriste waarsku teen hase, tarentale en uile. FOTO: Middelburg Observer.

En nee, henne steur hulle nie aan padreëls nie.

Die kuikens het hier gepik-pik en daar gepik-pik, terwyl motoriste om hulle moes ry.

Daar is vier groepe hoenders; die Midwater Kentucky hoenders, die Kanonkop Spar hoenders, Kentucky Cowen Ntulistraat hoenders en die Wesstraat troppie.

Waar jy hulle sal kry:

  • Middelburg Primary School het ’n “Stadig, Paddas Oorsteek”-teken in Mandela Rylaan opgerig, wat motoriste aanspoor om nie Afrika-brulpaddas dood te ry nie. Die paddas word gereeld gesien waar hulle dikbek die pad oorsteek.
  • By die Sterkfontein Gastehuis is ’n padteken wat motoriste waarsku om versigtig te ry, want daar is tarentale, hasies en uile in die pad.
  • Bullerstraat met sy groot haasbevolking kort dalk ook ’n haasbord.
  • Maar nouja, as daar vir die hoenders ’n padteken opgerig word wat van die seekoeie? Middelburg was in rep en roer toe ’n kalf en haar ouers die dorp se strate ’n paar jaar gelede ingevaar het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button