KYK: Laagwaterbruggie loop oor, want sluis is oop
Middelburgers wat in die oggende oor die Klein Olifants laagwaterbruggie ry, moet alternatiewe roetes gebruik, want 'n sluis is oop en water spoel oor die brug.
Met die baie reën die afgelope paar dae, is ‘n sluis by die Middelburgdam om middernag oopgemaak en spoel die water sterk oor die laagwaterbruggie by die stadion.
Motoriste is al vroeg vanoggend op die Traffic Alert WhatsApp-groep gewaarsku dat die Klein Olifantsrivier sterk loop nadat die sluis oopgemaak is en dat hulle onder geen omstandighede oor die brug moet ry nie.
@middelburgobserver Low water bridge overflowing near Kees Taljaard Stadium after a sluice at Middelburg Dam was opened at midnight. Residents advised to avoid any activities near the Klein Olifants River. Motorists are also urged not to attempt to drive over the bridge. Middelburg, FloodWarning, MiddelburgObserver, StaySafe, BreakingNews, WeatherAlert, MiddelburgMpumalanga, MiddelburgDam, SouthAfrica
