HTS Middelburg se eerste rugbyspan het Saterdag weer hul stempel in die NWU Skolesportreeks afgedruk toe hulle Hoërskool Piet Retief tuis met 35–22 geklop het.
Selfs vir iemand wat min van rugby weet, was dit duidelik dat dié span rugby kán speel. Die Rooibulle het met passie en selfvertroue gespeel.
‘n Hoogtepunt van die wedstryd was Uzile ‘OX’ Mathilela, wat twee drieë gedruk het. Dit is reeds die tweede keer hierdie seisoen dat hy twee drieë in een wedstryd aanteken.
Dit was ’n vertoning wat die skare op hul voete gehad het.
Hokkie uitslae:
- Eerstespan Dogters wen 5-1
- Eerstespan Seuns verloor 4-8
Netbal uitslae:
- Eerstespan verloor 22-27
- Tweedespan wen 29-6
Met die momentum wat HTS Middelburg se spanne bou, lyk dit of opwindende wedstryde in die res van die reeks voorlê.
FOTO’S: Carmia Jansen van Vuuren.

















