News

Stonehouse 10’s Saterdag by Bergvlam

Pumas pak Cheetahs in Bloem voor aksie Saterdag in Laeveld.

Jimmy Stonehouse se ma het beslis nie ’n bang kind grootgemaak nie.

Die Pumas se breker afrigter en sy span pak die Cheetahs moreaand in Bloemfontein  en keer dan Saterdagoggend terug om betyds te wees,  wanneer die Jimmy Stonehouse 10’s by Hoërskool Bergvlam afskop.

Middelburg  se Bulldogs  speel om 10:00 in sy eerste wedstryd teen Nelspruit en pak Hennie’s 10’s om 11:30 op die A-veld. Sy laaste wedstryd in die groepfase is teen Bethal om 13:30 op die B-veld.

@middelburgobserver

‘Come and join the biggest sports party Mbombela has ever experienced when the Stonehouse 10s kick off Saturday.’ Puma coach Jimmy Stonehouse tells us more.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Die eindstryde in al die afdelings, soos die burgemeester sosiale kompetisie, word eers laat Saterdagaand  afgehandel.

Daar gaan ook netbal wees en ’n Mej. 10’s word gekroon.

Die Bulldogs span is: Janco de Lange, Ronin van Niekerk, Stephen Nkosi, Siyabonga Jabuza, Divan Geyser, Chelton de Villiers, Adrian Mutadza, Aviwe Thomas, Paki Rantsane, Joy Mtsweni, Zander Erasmus, Neo Moshilo, Zimvo Tsoanyane, Lucan Dreyer, Mike Mizwa, Ethan Sill, PJ Sill, Willie van der Westhuizen, en Juandre de Beer.

Met vergunning van Stonehouse 10s.

Die Pumas het intussen vir Clinton Swart vir die Vrystaat kragmeting op losskakel gekies en Danrich Visagie is op die bank.

Die afskop is om 18:00.

Pumas:  Jaycee Nel, Valentino Wellman, Sango Xamlashe (Onder kaptein), Wiaan van Niekerk, Darren Adonis, Clinton Swart, Thomas Bursey, Marvelous Mashimbyi, Ruwald van der Merwe, Ntsika Fisanti, Tiaan de Klerk, Hanno Theunissen, Sampie Swiegers (k), Gustav du Rand, Etienne Janeke. Plaasvervangers: Darnell, Osuagwu, Kudzwai Dube, Bryan le Roux, JJ Scheepers, Andre  Goedhals, Raegan Oranje, Danrich Visagie, Andrew Kota.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button