Sanet Griesel en Thiesa Janse van Rensburg het vandag se skof van 87km in 6:53.50.1 voltooi.
Behalwe die proloog is daar sewe skofte.
More gaan straf wees met 134 kilometer en ’n 2750m klim.
Indien hulle oorleef, is dit net Saterdag se 76km en 2450m klim en Sondag se 58km en 2026m klim wat oorbly.
Die wedren eindig Sondag in Stellenbosch.
Daar word vir more se vyfde skof weggespring in Greyton en die skof eindig in Stellenbosch.Wingchicks is steeds in die sesde plek onder die grootmeeser vroue.
Buitelandse fietsryers is besig om die mans elite afdeling te oorheers, met net Matthew Beers en Tristan Nortje wat nog ’n kans het op ’n Suid-Afrikaanse oorwinning.
Luca Schwarzbauer en Sam Gaze is steeds voor met Willier Vittoris en Luca Braidot tweede en Beers en Nortje se Toyoya Specialised Umbuko derde.
