News

Wingchicks moes handdoek ingooi in epiese Kaapse bergfietswedren

Wiskunde onderwyser Sanet Griesel trap nou alleen.

Middelburg se Wingchicks is uit die Cape Epic bergfietswedren.

Gister se skof, wat by Coetzenburg op Stellenbosch begin en geëindig het, met 2450m klim en 76km se trap, het nie goed afgeloop vir Sanet Griesel en Thiesa Janse van Rensburg nie.

Sanet Griesel trap more weer alleen in die Cape Epic. FOTO: Verskaf.

Tydens die skof het Thiesa al sieker geword en wou by die laaste waterpunt handdoek ingooi, maar daar was nie hulp om haar by die eindpunt te kry nie.

Sy moes elke greintjie krag inspan, om tot by die einde te vorder, maar kon nie vanoggend met die sesde skof wegspring nie.

Vrou ry 'n bergfiets.

Die Cape Epic is geen grap nie soos hierdie foto wys waar Sanet Griesel tussen rotse deur sukkel. FOTO: Verskaf.

Sanet het die skof alleen voltooi.

Die bekende wiskunde onnie het gesê sy beplan om more weer alleen te trap, al is dit individueel en nie as die Wingchicks span nie.

Die sewende en laaste skof is net 58km met ’n 2150m klim.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button