Die Bulldogs het in die halfeindstryd van die Jimmy Stonehouse 10’s by Hoërskool Bergvlam op Nelspruit vasgeval.
Die span van Rudi Geyser het goed begin en Nelspruit met 33-10 afgeransel.
Die uiteindelike toernooi wenners, Hennie’s, het hulle daarna met 21-5 geklop.
Nog ’n goeie oorwinning van 22-0 is oor Bethal behaal.
In die semi-finaal het die Bulldogs met sewe elk gelykop gepeel teen Witbank wat op die einde deurgedring het.
Hennie’s het Circufin Kudus in die ander halfeind met 17-14 geklop en Witbank Mavericks in die eindstryd naelskraap met 5-0.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
