News

KYK: ‘n Laaste saluut vir Johan

Miiddelburg se motorfietsryers het 'n laaste eer betoon aan een van hul eie, Johan van Zyl, wat op 14 Maart in 'n motorfietsongeluk gesterf het.

Terwyl Johan van Zyl se kis in die kerk ingestoot is, kon ‘n mens die enjin van ‘n motorfiets hoor brul en het ‘n verwerking van die liedjie: ‘Ek Lewe’ gespeel.

@middelburgobserver

Motorcyclists from across Middelburg paid their final respects to Johan van Zyl, who died in a motorcycle accident on March 14. They rode alongside the hearse and saluted with their helmets as his coffin was carried in and out of the church. RIPJohanVanZyl, MotorcycleTribute, MiddelburgSA, MiddelburgObserver, FinalRide, HelmetSalute, MotorcycleCommunity, InMemory, RideForJohan, RespectAndHonor, CommunityTribute”

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Dit was dieselfde liedjie wat Johan vir sy vrou, Joey gestuur het die oggend van 14 Maart. Net etlike ure later het hy gesterf in ‘n motorfietsongeluk net buite Groblersdal op die Bronkhorstspruitpad.

‘n Troosdiens is Saterdag by die Lighuis gemeente gehou.

Voor en na die diens het die groot groep motorfietsryers, wat ook die lykswa vanaf Roseleigh Begrafnisdienste na die kerk vergesel het, almal hul valhelms opgelig in ‘n laaste saluut vir Johan.

Joey het gemeld dat sy besef het hoe geliefd Johan was na aanleiding van al die boodskappe en oproepe van bemoediging wat sy gekry het na sy afsterwe.

Sy het elke persoon bedank wat hulp verleen het op die ongelukstoneel, asook vir die persoon wat sy motorfiets opgelaai het op die toneel en later Johan se skoene vir haar gebring het.

Spesiale dank gaan ook aan elke persoon vir ondersteuning in hierdie moeilike tyd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button