News

Liefdevolle Flippie se talente sal altyd onthou word

Flippie du Buson se nalatenskap met sy besondere ontwerpe sal in Middelburg voortleef.

As jy aan Flippie du Buson dink, dan is dit sy ongelooflike talent met grafies ontwerp wat by jou opkom.

Flippie (79) is Woensdag na ’n ses jaar lange stryd teen Alzheimers oorlede. Sy vrou, Heleen, het hom liefdevol tot die einde versorg.

Michél Grace sê haar oom was welbekend in Middelburg. “Baie van sy werk is nog te sien in besighede en op naamborde. Hy het ook drukwerk op hemde gedoen.”

Hy het vir jare by Contra Signs gewerk en het na sy aftrede sy eie besigheid, Pro Signs, bedryf.

Flippie het selfs werk gedoen vir die regering. Almal onthou die bordjie langs paaie waarop ’n huilende bokkie was met die woorde: “Bokkie says, Only YOU can prevent bush and veld fires!”

Die bord wat Flippie du Buson jare gelede ontwerp het vir die regering om veldbrande te voorkom. Foto: Verskaf.

As kunstenaar was hy ook wyd bekend in Middelburg en is van sy skilderye desjare by Erlank Galery in die dorp uitgestal.

Dit is egter sy liefdevolle geaardheid wat almal sal onthou. “Oom Flippie het altyd gelag en het graag grappies gemaak.”

Die begrafnis is vandag (26 Maart, 10:00) uit die Corpus Christi Gemeente.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button