News

Oë rek oor twee met borde wat sê “we need money for fishing”

Wanneer viskoors jou beetpak word daar altyd ’n plan gemaak.

’n Boer maak ’n plan, maar ’n hengelaar het ’n plan.

Lelike ding wanneer die viskoors jou beetpak.

Dan staan niks in jou pad nie, nie eers finansies nie.

En wanneer jy 16 jaar oud is, jy het viskoors en wil ’n ekstra geldjie bymekaar maak, dan voer jy jou plan uit.

Dit is presies wat Gerhard Schoombee en John Gullard vanoggend gedoen het.

Gerhard Schoombee en John Gullard se bordjies. Foto: Tobie van den Bergh.

Die twee wil nie die Paasnaweek heeldag sit en Minecraft speel nie, maar Middelburgdam se visse gaan teister. Maar hengel is duur en jy wil nou nie jou familie belas met jou visvangplanne nie.

Die twee het bordjies gemaak waarop daar staan “Need money for fishing” en op die straathoek in Lillian Ngoyistraat met hulle visstokke gaan stelling inneem.

Motoriste was verstom met die twee jong knape, visstok in die hand, blik in die ander en bedelbord om die nek.

En wie het gesê ons jeug is sonder ambisie, sonder planne en is heeldag besig met televisie speletjies?

KYK | https://www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7623771330101431569?is_from_webapp=1&sender_device=pc

@middelburgobserver

KYK | Oë rek oor twee met borde wat sê “we need money for fishing” Wanneer viskoors jou beetpak word daar altyd ’n plan gemaak! Lees meer: #middelburgobserver #middelburg #mpumalanga #skoolvakansie #visvang #middelburgdam

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button