News

Dit is Vlokkie en Ben teen Toy in Varsitybeker halfeind

Twee oud Puma o/18 rugby kapteins is vanaand (6 April) in die Varsitybeker halfeindstryde in aksie.

Toy Engelbrecht draf op agsteman vir die Universiteit Johannesburg teen Tukkies uit en Tjaart Joubert speel in die nommer sewe trui vir Maties teen die NWU Arende in Potchefstroom.

Alle oë gaan egter op die oud Rooi Bul van UJ, Toy Engelbrecht, wees.

Tjaart Joubert het ook voor gedraf vir die Puma o/18 span. Foto: Verskaf

Hy draf gewoonlik in die nommer ses trui uit, maar is na agsteman geskuif, om Tukkies op die LC de Villiers Stadion te pak.

Die Bokheld, Kwagga Smith, nog ’n oud HTS Middelburg leerling, het suksesvol van ses flank na agsteman geskuif vir die Bokke.

En dit is net hier waar die stryd ’n lekker kinkel kry. Ben Janse van Vuuren het van sy skouerbesering herstel en is in die nommer vier trui gekies vir Tuks.

Groot Ben Janse van Vuuren het ’n goeie seisoen en is al aangewys as speler van die wedstryd. Foto: Verskaf.

Hy was ’n ster losvoorspeler vir Hoërskool Middelburg. Saam met hom in die Tuks span in die nommer 12 trui is nog ’n oud Rooi Bul, Christiaan Vlok.

Vergeet dat UJ verlede week met 51-22 teen Tuks verloor het. Dit is is ’n nuwe dag en ’n nuwe wedstryd.
Met die Varsitybeker, wat gekenmerk is deur verrassings, kan enigiets gebeur.

Wie sou kon dink dat Tuks drie weke gelede so byna teen die nuwelinge, Emeris, sou verloor?

Die stryd in Potchefstroom gaan titanies wees.

Hier kom Vlokkie! Christiaan Vlok is vanaand op senter vir Tukkies in aksie. Foto: Verskaf.

Die Pukke, soos hulle eers bekend was, het op hulle velle deurgeskuur teen Ikeys, 56-53.

Joubert word gewoonlik op slot ingespan, maar Maties wil duidelik meer spierkrag in die agttal hê teen ’n omgekrapte NWU Arende pak, wat deur Chaka Willemse gebrei word.

Willemse was die skare se gunsteling op die Johan van Riebeeck Stadion, toe hy voor gedraf het vir die Puma impi.

Die kragmeting skop om 16:45 af en word gebeeldsend.

Tukkies en die Universiteit Johannesburg speel om 19:00 en die wedstryd word ook op televisie uitgesaai.

Daar is vanaand ekstra motivering vir Tuks.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button