News

SAPD reageer op bewerings van dwelmhandel in Nkangala

SAPD Mpumalanga sê bewerings in ’n video dat polisielede in Nkangala by dwelmhandel betrokke is, is ongegrond. Die polisiediens het ook kritiek op die mediaplatform uitgespreek wat die video versprei het.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Mpumalanga het ’n weiverspreide video wat op sosiale media versprei word afgelag. Daarin word beweer word dat polisielede in die Nkangala-distrik, insluitend Witbank, Middelburg en Mhluzi, by dwelmhandel betrokke is.

Volgens die SAPD is die bewerings ongegrond.

Die polisiediens sê die man wat die aantygings maak, het in 2025 self inligting oor dwelmverwante aktiwiteite aan die polisie verskaf.

Dié inligting het gelei tot suksesvolle operasies in Desember 2025 en Januarie 2026, waartydens verdagtes in hegtenis geneem en dwelms gekonfiskeer is.

Die SAPD sê dit is daarom “verrassend” dat dieselfde persoon, nou bewerings maak wat die integriteit van polisielede bevraagteken.

’n Skermskoot van die beeldmateriaal wys beweerde dwelmverslaafdes. Foto: Verskaf.

Daar word ook beweer dat die polisie ’n voorval toegesmeer het waar 54 kinders siek geword het, nadat hulle na bewering peuselhappies geëet het.

Die SAPD sê dié bewering is onwaar en wys daarop dat die kantoor van die provinsiale kommissaris reeds op 18 Maart 2026 ’n mediaverklaring oor die voorval uitgereik het.

Die polisiediens het verder kritiek uitgespreek teenoor die mediaplatform wat die video versprei het en sê dat die polisie nie die geleentheid gegee is om op die bewerings te reageer nie.

Intussen het die SAPD bevestig dat ’n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer teen die man geopen is.
Hy is in hegtenis geneem, het reeds in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat.

Die SAPD doen ’n dringende beroep op die publiek om misdaad aan te meld, skakel Crime Stop by 08600 10111 of maak gebruik van die MySAPSApp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Check Also
Close
Back to top button