Antoinette Potgieter het ’n pragtige wisseltrofee ontvang as potjiekoswenner. Saam met haar is Tobie van den Bergh, Bernice du Plessis en Piet Erasmus.
Wanneer die herfs sy kleurvolle kleed aantrek, hou die SAVF Ouetehuis sy jaarlikse potjiekoskompetisie.
Die tema hierdie jaar was ‘Cowboys’, met natuurlik ’n kroek of twee.
Danie du Plessis is aangewys as besgeklede ‘cowboy’. Saam met hom is Piet Erasmus, Bernice du Plessis en Tobie van den Bergh.
Antoinette Potgieter het haar man, Izak uitgestof om as potjiekoskampioen gekroon te word.
Die besgeklede cowboy was Danie du Plessis en die twee kroeks, Danie en Jabie Terblans.
Die twee kroeks, Danie en Jabie Terblans saam met SAVF bestuurder Bernice du Plessis en die beoordelaars Tobie van den Bergh en Piet Erasmus.
Daar was ook ’n verlore Meksikaan met Tom Dreyer wat ’n prys ontvang het.
Die beoordeling is deur Piet Erasmus en Tobie van den Bergh waargeneem.
Piet Erasmus, Tom Dreyer as besgeklede Meksikaan, Bernice du Plessis en Tobie van den Bergh.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.