Maureen Haynes, Andrew Gaisi, Yamikan Brair, Mishak Sekele en Carl Haynes van Mid-Oos Grafstene. FOTO: Tobie van den Bergh.
Dit het Mid-Oos Grafstene twee dae gevat om die verwoesting wat twee grafskenders binne minute aangerig het, reg te maak.
Werkers van Mid-Oos Grafstene besig om een van die kindergraffies reg te maak. FOTO: Tobie van den Bergh.
Die twee, wat as jong skoolseuns beskryf word, het die grafte oor die Paasnaweek stukkend geskop. Daar moes ’n boosheid in hulle gewees het om 54 grafte so erg te beskadig.
Mid-Oos Tombstones sprang into action after 54 graves were vandalised in the Middelburg cemetery. Most of the damaged tombstones belong to children. Current information suggests that two boys may have been involved in the vandalism over the Easter weekend. A reward is being offered for information leading to the arrest of the culprits.
Drie van die kopstukke is van volwassenes wat ’n kragtige skop moes vat om soveel skade aan te rig. Maureen en Carl Haynes van Mid-Oos Grafstene en ’n span werkers het Dinsdag dadelik aan die werk gespring, om die kindergraffies nie net reg te maak nie, maar ook skoon te maak.
Teen laat Woensdagmiddag het hulle laat weet die werk is afgehandel. Daar was groot lof uit die gemeenskap vir hulle liefdesdaad.
Een van die kindergraffies wat erg beskadig is. FOTO: Tobie van den Bergh.
Selfs die Middelburg Erfenisvereniging het hulle dank uitgespreek. Intussen is daar steeds ’n beloning vir inligting om die twee grafskenders aan die kaak te stel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.