News
Grassnyer brand by Middelburg Buiteklub
Een van die buiteklub se damwalle het ook onlangs gebars.
‘n Inwoner het ‘n foto op die plaaslike Traffic Alert WhatsApp-groep gedeel van ‘n grassnyer wat brand.
Die grassnyer het op die Middelburg Buiteklub se gholfbaan aan die brand geslaan.
Dis onduidelik wat skeef geloop het.
Op die foto is twee rybare grassnyers met die voorste in vlamme.
Die man op die grassnyer is ook deur klubbestuur te hulp gesnel.
Die brandweer is ook ontbied.
Een van die buiteklub se damwalle het ook onlangs gebars.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
