Die naweek se groot SA Beker wedstryd vind plaas tssen die Boland en Griekwas in Wellington.
Griekwas is die seisoen vernietigend en behaal een na die ander groot oorwinning.
Daarenteen het die Wynboere onverwags vasgeval teen die SWD Arende.
Die Pumas speel weg teen die Grens Bulldogs en behoort ’n maklike oorwinning te behaal.
Nou goed, moenie die kar voor die perde span nie, enigiets kan in ’n wedstryd gebeur.
Mdantsane is ook nie die maklikste plek om te speel nie.
Afrigter Jimmy Stonehouse het sy sterkste moontlike span gekies met groot Sampie Swiegers wat weer voor draf, maar verskeie spelers kry die eerste keer kans om hulself te bewys.
Vlugvoetige Tino Swanepoel is op vleuel gekies en Raegen Oranje begin op skrumskakel.
Die naweek se bepalings is:
- Valke vs SWD Arende in die Barnard Stadion in Kempton Park om 15:00.
- Luiperds teen die Oostelike Provinsie 15:00 in Potchefstroom.
- Die Griffons pak sy bure, die Cheetahs, in die Down Touch Investments Stadion, Welkom, om 15:00.
- Sanlam Boland Kavaliers speel teen Griekwas ook om 15:00 in die Boland Stadion, Wellington.
- Grens Bulldogs pak die Pumas om 156:30 in die Sisa Dukashe Stadion, Mdantsane.

Pumas:
Jaycee Nel, Tino Swanepoel, Sango Xamalashe (Onder kaptein), Clinton Swart, Darren Adonis, Nevaldo Fleurs, Raegen Oranje, Andre Fouché, Ruwald van der Merwe, Ntsika Fisanti, Tiaan de Klerk, JJ Scheepers, Sampie Swiegers (Kaptein), Gustav du Rand, Kudzwai Dube. Plaasvervangers: Jan-Hendrik Campher, Etienne Janeke, Junior Banda, Miyelani Ngobeni, De Wet Marais, Conor van Eeden, Wian van Niekerk, Qamani Kota.
