News

Karaktervolle geboutjie gerestoureer

’n Monument opgerig ter herdenking aan 1400 bejaardes, vroue, en kinders wat gesterf het

Wanneer ’n gemeenskap hande vat…
Dan word ’n geskiedkundige kerkie van 120 jaar tot sy ou glorie herstel.
Dan word jong leerlinge van ’n skool tasbaar deel van die restourasie.
En wanneer ’n gemeenskap nie self moue oprol nie?
Dan sou die verval en verweer sy kloue ingeslaan en nog ’n geskiedkundige baken verdwyn het.
Die verhaal van die gedenkkerkie, of gedenksaaltjie, by HTS Middelburg is ’n goedvoel storie.

Deurlopende restourasie was nodig

Daar was reuse struikelblokke wat in die pad van HTS se beheerliggaam gestaan het om die kerkie se agteruitgang te keer.
Een van die grootste uitdagings was om ’n permit te kry by die Mpumalanga Erfenis Owerhede.
Theo Ligthelm van die Middelburg Erfenisverenigig het ’n groot rol gespeel om’n permit te bekom.
Weens die ouderdom van die gebou, die boumateriaal wat oorspronklik gebruik is, asook die son en weer, was deurlopende restourasie nodig.

Erfenispermit uitgereik

HTS Middelburg het die uitdaging aangegryp en loods vir die eerste keer sedert 1968 ’n deeglike restourasie van die gebou.
“Die bewaring- en restourasiekonsep is aan die Mpumalanga Erfenis Owerhede voorgelê en goedgekeur. ’n Erfenispermit is aan HTS uitgereik vir die volledige restourasie van die gebou en die opknapping vir funksionele gebruik. Met die reuse projek word nie net ’n nuwe lewe aan ’n 120-jaar oue gebou gegee nie, maar word ’n funksionele ruimte geskep, wat gebruik kan word vir toepaslike aktiwiteite, kunsuitstallings, musiekuitvoerings en kultuuraktiwiteite, binne die sekuriteit van die skool,” sê Ligthelm.
“HTS Middelburg verdien die hoogste eer en dank vir dié benadering tot die dorp se erfenis!”

Meubels ook gerestoureer

Nie net die restourasie van die gebou vind plaas nie, maar die meubels in die gebou word ook gerestoureer. Die jeugleiers van HTS gryp hierdie uitdaging aan en restoureer al die banke in die saaltjie.
“Of ons verwys na ’n gedenkkerkie of gedenksaaltjie, ons verwys na ’n monument wat 120-jaar gelede opgerig is ter herdenking aan ongeveer 1400 ou-mense, vroue, maar veral kinders, wat in haglike toestande ontydig gesterf het en gedenk word deur hierdie karaktervolle geboutjie. Dit staan nou gelukkig midde tussen ’n klomp pragtige jong kinders, en hulle word daagliks op ‘n kragtige wyse herinner aan wat gebeur het in die geskiedenis, maar belangriker, dat dit nooit weer mag gebeur nie”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button