NewsSport

Spanning bou op na derby

Hoërskool Middelburg begin saam met groot honde blaf

9 Mei is derbydag.
Dan kom Middelburg tot stilstand.
Dit is groen teen rooi, Hoërskool Middelburg vs HTS Middelburg.
Die dag word by Hoërskool Middelburg aangebied, met HTS Middelburg wat volgende jaar sy eeufees vier en groot makietie gaan hou.

Middies het reeds vanaand sy groot geesvang met sy “Survivor-aand”.
Oudleerlinge maak reeds planne om by mekaar uit te kom en ’n paar duisend toeskouers word verwag.
Die kragmeting gaan om ’n ander rede vir vuurwerke sorg.
Daar is agt Cravenweek spelers in die groen span en net drie Rooi Bulle.
Dit alleen is ’n goeie rede om die vonk aan te steek.

…en hartseer wees. FOTO: Tobie van den Bergh.

Die Rooi Bulle het twee weke gelede met Hoërskool Middelburg afgereken in die NWU Pukkereeks en was ook verlede jaar in die derby hulle baas.
’n Strafdoel in die laaste sekondes het die oorwinning beklink.

Maar voordat die derby plaasvind, moet die naweek se Virsekerbeker bepalings afgehandel word.
Hoërskool Middelburg blaf hierdie jaar saam met die groot honde en speel tuis teen Menlopark in die bekerafdeling.

Die Rooi Bulle is weg in aksie teen Kempton Park in die plaat.
’n Interessante tweestryd wag op 8 Augustus wanneer HTS Middelburg weg speel teen Nelspruit.
Die Wit Renoster speel hierdie jaar goeie rugby en lyk na die beste span in Mpumalanga.
Hulle het die naweek met 27-39 teen Oos-Moot gewen.

Middies moet nog teen top spanne soos Monument, Garsfontein en Helpmekaar speel.
Omdat die twee skole in verskillende afdelings speel is die derby net ’n vriendskaplike wedstryd.
As mens dit natuurlik ’n “vriendskaplike” wedstryd kan noem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button