NewsSchool sportSchoolsSport

Rustenburg staan in die pad van ’n trofee vir Middelburg

Excellent blaas in Krugersdorp-eindstryd na goeie vertoning in Mbombela

Middelburg se hoop op ’n kampioenspan in die Noordvaal Virsekerbeker is op Hoërskool Middelburg se o. 14A-span. Die jong span in groen speel Saterdagoggend 09:00 teen Rustenburg in die Bekerafdeling-eindstryd.

Nadat Monument se eerste span met Noordheuwel afgereken het en Garsfontein teen Waterkloof vasgeval het, word al die eindstryde by Monnas in Krugersdorp beslis.
Dieselfde groep wat met Helpmekaar afgereken het in die halfeind, is net so gekies vir die Rustenburg-kragmeting.

In die ligafase het Middelburg se o. 14-span met 29-17 teen Menlopark gewen. Rustenburg het Saterdag met 29-19 teen dieselfde span gewen.

Toe die twee spanne vroeër slaags was, was Rustenburg met 12-10 aan die wenkant.
Die jong Middies het egter die afgelope tyd geweldig verbeter en het ’n goeie kans om te sorg dat Middelburg nie in 2026 bekerdroog is nie.

Hoërskool Middelburg o. 14A

TK Kachalanga, Avuyile Bilatyi, Mason Manzi, Enzo Meyer, Christiaan Strydom, Maano Ramulongo, Alexander Nel, Hardu Olivier, Yanda Mahlangu, Orifuna Budeli, JD Mostert, Diuan van Zyl, Sandile Msipa, Christo van Niekerk, Ruve Joubert. Plaasvervangers: Hanru du Toit, Gerrard Breitenbach, Deon van der Merwe, David Muller, Letlotlo Masooa, Pieter Bronkhorst, Henlo Cilliers, Ethan Axford. Afrigters: Kirstie Odendaal en Wandile Shabangu.

Excellent Mnkomo is in beheer van Saterdag se Bekereindstryd tussen Hoërskool Monument en Hoërskool Waterkloof in Krugersdorp. FOTO: Verskaf
  • Nog rugbynuus is dat die oud- Hoërskool Kanonkop-onderwyser wat deesdae by Ben Viljoen op Groblersdal skoolhou, Excellent Mnkomol, die eindstryd tussen Waterkloof en Monument gaan behartig. Hy was Dinsdag in beheer toe Nelspruit vir Kempton Park in die Plaatafdeling se halfeind geklop het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button