Die oud-Rooi Bul, Christiaan Vlok, is op die plaasvervangerbank vir vanaand se Curriebeker-kragmeting teen die Stormers XIII op Loftus Versfeld.
Die Bulle het in 2025 net twee wedstryde gewen en tot dusver die seisoen nog nie een nie.
Hulle speel teen ’n span wat steeds die uitspeelwedstryde kan haal.
Die Pumas speel vanmiddag om 15:00 teen Griekwas in Mbombela en die Haaie en Leeus is om 19:15 in Durban slaags.
Vodacom Bulle XV
15 Hakeem Kunene, 14 Marnus Rademeyer, 13 Demitre Erasmus, 12 Pieter van der Merwe, 11 Riyaad Bam, 10 Devon Williams, 9 Keagan Johannes (k), 8 JJ Theron, 7 Abongile Nonkontwana, 6 Kebotile Maake, 5 Sintu Manjezi, 4 Heinrich Theron, 3 Arno Gustafson, 2 Siphosethu Mnebelele, 1 Dylan Smith. Plaasvervangers: 16 Jon Hobson, 17 Sandi Msengana, 18 Duwan Potgieter, 19 Johnathan Eloff, 20 Chinedu Amadi, 21 Cephas van Biljon, 22 Brooklyn Newman, 23 Christiaan Vlok.
