NewsSchool sportSchools

Jong Middies val vas in eindstryd

Mpumalanga se rugbytoekoms lyk blink met spelers wat nie weggelok word nie.

Dit was só naby, maar tog só ver!
Hoërskool Middelburg se o. 14A-span het Saterdag in die eindstryd van die Virseker Noordvaalbeker met 18-12 teen Rustenburg verloor.

Die Middies het goed begin, maar Rustenburg het sterker geëindig en is uiteindelik as kampioene gekroon.
Daarmee sak die gordyn op ’n seisoen waarin Middelburg tevrede kan wees met sy eerste jaar in die bekerafdeling.

Vir HTS Middelburg lê daar egter groot uitdagings voor. Die skool sal ingrypende veranderinge moet maak om weer ’n rugbykrag te word, nadat hy in 2027 na die plaatafdeling terugkeer.

Interessante nuwe seisoen

Dit was nie net die eerste span wat gesukkel het nie, maar ook die skool se ouderdomspanne.
Die nuwe seisoen beloof om interessant te wees, met Hoërskool Middelburg en Nelspruit wat albei in die bekerafdeling sal meeding.

Met drie spanne in die plaatafdeling se eindstryde het die Laevelders gewys dat hulle in die hoër afdeling hoort.
Daar word egter ook in rugbykringe vrae gevra oor waarheen skolerugby op pad is, veral met skole wat groter begrotings vir hul rugbyprogramme het as talle provinsiale rugby-unies.

Bewerings dat spelers gekoop word

Hoewel skole dit ontken, word daar na bewering op groot skaal spelers gewerf.
Menlopark was geskok toe drie van sy beste spelers besluit het om volgende jaar vir Garsfontein uit te draf.

Mpumalanga se rugbytoekoms onder leiding van Piet Bothma lyk egter blink, met goeie vooruitsigte vir die provinsie se Cravenweek-span in 2027.

Met Nelspruit en Hoërskool Middelburg wat in die topliga speel, kan meer plaaslike spelers aangemoedig word om in die provinsie te bly.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button