NewsSport

Fietsryers ruk op na museum

Die koms van warmer weer laat padfietsryers weer hul fietse uitspan.

Daar is deesdae bykans elke naweek ’n wedren vir bergfietsentoesiaste, maar met die somer om die draai kry padfietsryers nou ook volop geleentheid om van ’n verskeidenheid wedrenne te kies.

Middelburg Fietsryklub het van sy lede wat dié naweek na die Ditsong Willem Prinsloo Museum opruk vir die Blue Diamond-fietswedren.

Die wedren begin én eindig by die museum, met deelnemers wat tussen ’n 91 km- en 65 km-roete kan kies.

’n Feesatmosfeer wag deelnemers en besoekers by die museum in die vorm van ’n biertent, kosstalletjies en ’n piekniekterrein.

Aanlyninskrywings sluit

Aanlyninskrywings sluit vanaand om middernag, maar deelnemers kan ook Saterdagoggend by die wegspring inskryf.
Inskrywings beloop R420 vir die 65 km en R520 vir die 91 km.

Die museum is op die ou Bronkhorstspruitpad geleë, sowat 5 km van die bekende Jan Ellis Garage.
Inskrywings kan op die MyActive-webblad gedoen word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button