NewsSport

KYK: Reusegolwe laat bote oorstroom

Toe Moeder Natuur toeslaan, het Loskopdam in ’n onstuimige see verander

Wanneer Loskopdam se golwe jou bang maak, weet jy Moeder Natuur wys sy kwaai kant.
Hengelaars wat aan die Loskopdam Classic-hengelkompetisie deelgeneem het, moes Vrydagaand toekyk hoe hulle bote oorstroom toe die dam in ’n rowwe tuimeldroër verander het weens ’n stormsterk wind.
Maar soos dit met Suid-Afrikaners gaan, braai hulle al is dit donderweer en blitse en wanneer hulle wil hengel, keer niks hulle nie.

607 Hengelaars het weggespring

Saterdagoggend, net voor sonsopkoms, het die 607 hengelaars weggespring vir die dag se kompetisie.
Dit was ’n indrukwekkende gesig om te sien hoe die bote oor die dam swiep.
Volgens organiseerder, Nico Zaayman, het die storm geen skade aangerig nie en dit het net so vinnig bedaar soos wat dit toegeslaan het.

Daar is Vrydag 14 mm in Dennesig gemeet en Sondag 20 mm.
Volgens AccuWeather kan Middelburgers nog vandag reën verwag en die temperature bly laag. Dinsdag is dit steeds koud en bewolk, maar daar is maar ’n 15%-kans op donderstorms. Teen Woensdag begin die kwik styg en vanaf Donderdag word dit weer lekker warm met somersweer wat die naweek verwag word.

@middelburgobserver

Wanneer Loskopdam se golwe jou bang maak, weet jy Moeder Natuur wys sy kwaai kant. Hengelaars wat aan die Loskopdam Classic-hengelkompetisie deelgeneem het, moes Vrydagaand toekyk hoe hulle bote oorstroom toe die dam in ’n rowwe tuimeldroër verander het weens ’n stormsterk wind. Maar soos dit met Suid-Afrikaners gaan, braai hulle al is dit donderweer en blitse en wanneer hulle wil hengel, keer niks hulle nie.#Mpumalanga #Middelburg #Loskop #Kranspoort

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button