News

Miljoene kyk na ‘skaam’ Dicky se video

Boek wat All Black-legende vir Middelburger geteken het, maak wêreldwyd opslae.

Mense kan net nie genoeg kry van Dicky Davel se video nie!

Die video wys hoe die oud-Middelburg Rugbyklub-agterspeler soos ’n klein seuntjie smeek dat die All Black-legende Tana Umaga sy outobiografie teken – ’n boek wat Davel al jare lank besit.

Die boek, Tana Umaga: Up Close, is saamgeskryf deur Paul Thomas.

Davel het reeds tydens die All Blacks se opwarming vir hul wedstryd teen die Blou Bulle vir die span se ondersteuningspersoneel gewys dat hy graag Umaga se handtekening in die boek wou hê.
Die oud-All Black-senter is deesdae een van die All Blacks se hulpafrigters.

@middelburgobserver

Mense kan net nie genoeg kry van Dicky Davel se video nie! Die video wys hoe die oud-Middelburg Rugbyklub-agterspeler soos ’n klein seuntjie smeek dat die All Black-legende Tana Umaga sy outobiografie teken – ’n boek wat Davel al jare lank besit.#Middelburg #rugby #allblacksrugbyteam

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

“Ek het vir hulle gefluit en die boek gewys, maar moes tot ná die wedstryd teen die Bulle wag dat hulle die boek by my kom haal,” vertel Davel. Volgens Davel probeer hy al vir 17 jaar om die boek deur Umaga te laat teken.

Hy het dit selfs in 2011 saam met hom na Nieu-Seeland geneem, maar sonder sukses.

Umaga is een van sy groot rugbyhelde. Toe hy nog vir Middelburg gespeel het, het hy sy eie speelstyl grootliks op Umaga se spel geskoei. Ná ’n lang wag en heelwat smeek, het Umaga uiteindelik die boek geteken.

Davel sê hy is nie aktief op sosiale media nie en loer net “eenkeer elke paar maande” op Instagram. “’n Vriend het my gebel en gesê ek moet gaan kyk hoe goed doen die video.”
Bykans ’n week gelede het die video reeds 2,9 miljoen kyke gehad. Dit het sedertdien die drie miljoen-kerf verbygesteek.

Die reaksie het die oud-senter verstom. “Ek is maar ’n skaam ou en het nie die publisiteit verwag nie.”
Sy voormalige spanmaats het natuurlik ook hul sê gehad – met die bekende: “Sak Sarel!”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button