News

Fisanti begin vir Pumas

Stonehouse wys sy hand vir Saterdag se Curriebeker-eindstryd teen Griekwas.

Die ervare Puma-afrigter, Jimmy Stonehouse, het die skitterende Ntsika Fisanti na sy beginspan bevorder vir Saterdag se Curriebeker-eindstryd in Kimberley.

Fisanti het, toe hy verlede week teen die Vrystaat-Cheetahs opgekom het, onmiddellik ’n verskil gemaak.
Thabo Ndimande skuif na die plaasvervangerbank.

Ntsika Fisanti is skitterend op dreef. FOTO: Pumas

Die hoogaangeskrewe Ruwald van der Merwe is steeds op die bank met die jong André Goedhals wat sy plek aan die kant van die skrum behou.

Stonehouse verwag ’n groot aanslag van die Diamantvelders in die vaste fasette en daarom is Etienne Janeke ook op loskop by die beginspan ingesluit.

André Goedhals begin teen Griekwas. FOTO: Pumas

Daar is net twee agterspelers op die plaasvervangerbank.

Die Pumas gaan poog om hulle tweede Curriebekertitel te wen met Griekwas wat die verdedigende kampioene is.

Thabo Ndimande skuif na die plaasvervangerbank. FOTO: Pumas

Afskop is om 15:00 in Kimberley.

Pumas: Jaycee Nel, Darren Adonis, Sango Xamalashe, Wian van Niekerk, Banie Britz, Clinton Swart, Thomas Bursey, Willie Engelbrecht (k), André Goedhals, Ntsika Fisanti, Tiaan de Klerk, JJ Scheepers, Sampie Swiegers, Chyle van Zyl, Etienne Janeke. Plaasvervangers: Gustav du Rand, Zukisa Sali, Junior Banda, Stephan Krugel, Ruwald van der Merwe, Thabo Ndimande, Tino Swanepoel, Russwill Fredericks.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button