HTS Middelburg slaggereed vir Gerber en kie
Kaalvoet rugbyspelertjies gaan Vrydagmiddag meer by rugbylegendes leer.
Nadat ’n geniepsige wind HTS Middelburg se groot fees verlede naweek weggewaai het, is die skool slaggereed om Saterdag se Old School 10’s in sonskynweer aan te bied.
Daar gaan nie net rugby gespeel word nie. Drie rugbylegendes gaan op 11 September vanaf 14:30 tot 16:00 ’n rugbykliniek vir Graad sewe-rugbyspelers aanbied.
Springboksenter Danie Gerber, Blitsbok Mac Masina en Springboklosskakel Elton Jantjies gaan die kliniek aanbied.
Nog ’n bekende Blou Bul-senter en Springbok, Grant Esterhuizen, gaan Saterdag se 10’s bywoon.
Môre, 11 September, vanaf 17:00 tot 20:00 gaan daar om braaivleisvure gekuier word, terwyl die drie oudspelers rugbystaaltjies deel.
Daar is R12 000 op die spel vir die eerste o. 23-span en R3 000 vir die tweede plek in die 10’s-toernooi.
Die toernooi word bemark as een “waar legendes weer die veld betree”.
Vir navrae, skakel Sam Gerber by 084 701 2131 of Jano Venter by 082 372 7933.