News

HTS soek na oudste lewende alma mater

HTS Middelburg se eeufeesvieringe kruip nader.

Die Hoër Tegniese Skool Middelburg vra die gemeenskap se hulp.

Dié skool is tans op soek na die oudste lewende oud-HTS-leerling.

Ken jy dalk iemand wat moontlik hulle oudste lewende oudleerling is, of het jy inligting wat hulle kan help om die regte persoon op te spoor?

Verskeie inwoners het reeds op die skool se versoek gereageer.

Die oorspronklike plasing het op die skool se Facebookblad verskyn, waar mense in die kommentaar hul voorgangers kan nomineer.

Videoboodskappe kan ook geplaas word met ’n motivering vir die benoeming.

Die Rooi Bulle vier volgende jaar hul 100 jaar-bestaan met die derby wat by HTS gaan plaasvind ter viering van dié mylpaal.

Inligting kan ook deurgegee word deur die bemarkingskantoor by 013 282 6029 te skakel of ’n e-pos te stuur na blougat@htsmiddelburg.co.za.

Daar word tans hard aan die eeufeesboek van die skool gewerk met die oudste lewende Rooi Bul-storie wat ook in die boek vervat sal word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button