NewsSport

Bring die beker huis toe!

Oudspelers staan bankvas agter Pumaspan in Saterdag se Curriebeker-eindstryd.

Voormalige Suidoos-Transvaalse spelers staan bankvas agter Jimmy Stonehouse en sy Pumaspan vir die Curriebeker-eindstryd Saterdag om 15:00 in Kimberley.

Hulle het die afgelope week soos een man laat weet: “Bring daai beker huis toe!”
Een van hulle is James Young, wat in die 1974/75-seisoen vir Witbank Rugbyklub en Suidoos-Transvaal op vleuel uitgedraf het.

Die eertydse Suidoos- en Middelburg-kaptein en agsteman, Piet Craven, het ook ’n boodskap aan die span gestuur.

Suidoos-Transvaal het in 1969 ontstaan. Met die oorgang na beroepsrugby is die naam na die Pumas verander en die varkoor-embleem met ’n puma vervang.

James Young in sy speeldae. FOTO: Verskaf

James Young se boodskap:

“Aan Jimmy Stonehouse en die span.
Dit was ’n voorreg om as oud-Suidoos-speler julle vordering deur die Curriebekerseisoen dop te hou. Veral die laaste paar wedstryde het jul karakter getoon.
Mag Saterdag vir julle ’n aangename uitdaging wees. Ons weet julle kan en my wens vir julle is dat julle dit ook onomwonde sal glo.
Gaan maak ons trots.”

James Young vandag. FOTO: Verskaf

Martin and Jenny Glodek sê:

“Hi Jimmy.
We are proud of what you and the team have achieved this season. And our support is fully behind you this weekend to bring the Currie Cup back home.”

Martin en Jenny Glodek. FOTO: Verskaf

Marius Noeth

“Ons as oud-Suidoos-Transvaal-spelers staan bankvas agter julle, manne. Ek dra my hoedjie Vrydag skool toe. Weet net dat ons harte Pumas klop. En die leerlinge van ons skool s’n ook.
Blesbokgroete.”

Marius Noeth. FOTO: Verskaf

Zenno Venter

“Beste Jimmy en die Pumaspan, geluk met julle prestasie om in die eindstryd te speel. Ek en Jimmy was spanmaats in die laat 1980s/90s. Sit skouer aan die wiel. Ek weet julle gaan wen, want julle is die beste.”

Piet Craven

“Sterkte, Pumas. Maak ons weer trots. Namens die Suidoos-Transvaal-span van 1982.”

Piet Craven. FOTO: Verskaf

Loutjie Maritz

“Aan Jimmy en die afrigtingspan, asook die spelers. Baie sterkte vir die eindstryd. Vasbyt, fokus en gee alles. Bring die beker huis toe. Ek ondersteun julle 100% en is trots op julle as span.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button