NewsSport

KYK: Bejaardes vra ‘kom trap asseblief’

Die SAVF Ouetehuis op Carolina doen ’n beroep op fietsryers om die Kragtrap-bergfietswedren op 10 Oktober te ondersteun en só te help om die tehuis se deure oop te hou.

Wanneer die knieë nie meer wil saamwerk nie en die rumatiek jou opkeil, moet jy maar mooi vra dat iemand anders die trapwerk vir jou doen.

Die bejaardes van die SAVF Ouetehuis op Carolina sê hulle kan nie meer fietsry nie en doen daarom ’n beroep op dié wat nog kan trap om die Kragtrap, wat ten bate van die tehuis aangebied word, te ondersteun.

Afhanklik van ander inkomstebronne

Dit is algemeen bekend dat die regering se bydraes tot fasiliteite soos ouetehuise al hoe minder word, wat hulle toenemend van ander inkomstebronne afhanklik maak. Die Kragtrap speel daarom ’n belangrike rol om te verseker dat dié tehuis sy deure kan oophou.

Die Kragtrap-bergfietswedren vind op 10 Oktober vanaf 07:00 by die Suikerbosfontein-voetslaanpad plaas. Die roete strek deur die Doornkop-vis- en wildlewe-terrein.

Deelnemers kan kies tussen ’n 10 km-roete (R80), 30 km (R120) en 55 km (R180).

@middelburgobserver

Die SAVF Ouetehuis op Carolina doen ’n beroep op fietsryers om die Kragtrap-bergfietswedren op 10 Oktober te ondersteun en só te help om die tehuis se deure oop te hou. #Middelburg #Mpumalanga

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button