NewsSport

Anja maak droomdebuut vir Proteahokkiespan

Groot vreugde nadat oud-Middie haar eerste internasionale doel skiet

Hoe laat waai die televisiekommentators altyd wanneer ’n doel aangeteken word? “Goalllll!”

In die Tromp-huishouding het dit ook so weerklink toe Anja Tromp haar eerste doel vir die Proteahokkiespan aangeteken het.
Die Middelburger het haar buiging teen Namibië gemaak en asof die hoogtepunt nie goed genoeg was nie, het sy ook ’n doel geskiet.

Haar pa, dr. Dewald Tromp, het in ’n sosialemediaplasing gesê: “Well done, Spikkel. Jou eerste internasionale doel!”

Anja is by die Binnenshuise Proteahokkiespan ingesluit vir ’n toetsreeks teen Namibië.

Sy het Suid-Afrika verlede jaar by die o. 21 Junior Wêreldbeker in Santiago, Chili, verteenwoordig, was in Laerskool Middelburg en het in 2023 aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer.

Haar hokkieloopbaan het by The Hockey Farm op die ou Witbankpad begin, wat ’n groot aandeel in haar sukses gehad het.
Sy het reeds op laerskool vir die Mpumalanga A-span gespeel en was ook ’n staatmaker in die Northerns Blues- provinsiale hokkiespan en die SA Skole o. 18 A-span.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button